TABEL VIR PERSOONLIKE INKOMSTEBELASTING | |
---|---|
2011/12 | |
Belasbare inkomste (R) | Belastingkoers |
0 – 150 000 | 18% van elke R1 |
150 001 – 235 000 | R27 000 + 25% van die bedrag bo R150 000 |
235 001 – 325 000 | R48 250 + 30% van die bedrag bo R235 000 |
325 001 – 455 000 | R75 250 + 35% van die bedrag bo 325 000 |
455 001 – 580 000 | R120 750 + 38% van die bedrag bo R455 000 |
580 001 | R168 250 + 40% van die bedrag bo R580 000 |
Kortings | |
Primêr | R10 755 |
Sekondêr | R6 012 |
Derde korting | R2 000 |
Belasting op enkelbedragvoordeel uit aftreefonds by aftrede of dood
Voorgestelde koers Belasbare enkelbedrag (R) | Belastingkoers |
---|---|
0 – 315 000 | 0% van bedrag |
315 001 – 630 000 | R0 + 18% van bedrag bo R315 000 |
630 001 – 945 000 | R56 700 + 27% van bedrag bo R630 000 |
945 001 and above | R141 750 + 36% van bedrag bo R945 000 |
Kapitaalwinsbelasting
Die vrystelling van kapitaalwins word vanaf 1 Maart 2011 soos volg verhoog:
- Vir individue en spesiale trusts van R17 500 tot R20 000 jaarliks
- By dood van R120 000 tot R200 000
- By verkoop van ‘n klein onderneming wanneer ‘n persoon ouer as 55 jaar is, van R750 000 tot R900 000.
Hereregte
Die drempel vir vrystelling van hereregte word verhoog van R500 000 tot R600 000. ‘n Koers van 3% is van toepassing op die waarde van R600 001 tot R1 000 000; ‘n bedrag van R12 000 plus 5% op die waarde tussen R1 miljoen en R1,5 miljoen; en ‘n bedrag van R37 000 plus 8% op bedrae oor R1,5 miljoen. Hierdie hersiene koersstruktuur is van toepassing op eiendomme verkry kragtens koopooreenkomste gesluit op of na 23 Februarie 2011.
Hierdie koers is van toepassing op natuurlike persone, regspersone (beslote korporasies en maatskappye) en trusts.
No comments:
Post a Comment